Bekende skrywer stel op Moedersdag haar boek in Mbombela bekend
Vir meer inligting oor Marita van der Vyver se boekbekendstelling in Mbombela, kliek hier:
Die gewilde skrywer, Marita van der Vyver, gaan hierdie Sondag Moedersdag baie spesiaal maak met die Laeveldse bekendstelling van haar boek, ‘n Baie lang brief aan my dogter.
Dié boek is Van der Vyver se ontroerende jeugmemoires wat sy neergepen het ter wille van haar dogter, om iets van die stormagtige sestig- en sewentigerjare waarin sy grootgeword het, weer te gee.
LEES OOK: Boom van 132 jaar afgekap
Dit is egter ook ‘n optekening oor ‘n liefde vir taal en in besonder Afrikaans, en “die wonderwerk van woorde” deur Van der Vyver, wat van haar hoërskooljare in Nelspruit deurgebring het.
Die bekendstelling is by Le Petit Zest in Absa Square vanaf 12:00 tot 14:00. Dit kos R200 en sluit ‘n smullekker middagete deur sjef GT Lundie en sy span in.
RSVP by Annemarie van der Walt, die gespreksleier by 083 289 3823.

Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
