Local newsNewsNews

Bielie van ‘n burger wys almal wie’s baas by Sonpark

Dié kafee se burgeruitdaging is nie sommer kinderspeletjies nie.

Een na die ander het die smulpape vol bravade ingestap, maar sodra hulle dié burger gewaar het, het hulle moed in hul skoene gesak.

Que’s Café by Sonpark Sentrum het op 29 April ‘n meneer van ‘n burgeruitdaging aangebied. Alhoewel die deelnemers hul bes probeer het, kon niemand die mas opkom nie.

Die burger het uit drie broodrolletjies bestaan, met drie hamburgerpatties, twee hoenderschnitzels, drie eiers, spek, kaas, kaassous, blaarslaai, tamaties, agurkies, uie en ‘n kersietamatie bo-op die toring om alles af te rond.

LEES OOK: Boom van 132 jaar afgekap

Al hierdie bestanddele is met vier sosatiestokkies aanmekaargehou – die deelnemers het die lae so een-een van die stellasie afgehaal.

Maar ‘n burger is nie volmaak sonder die bykomende tjips en uieringe nie, en daarvan was daar meer as genoeg. Die tjips het die burger in een bord omring en die uieringe het in ‘n aparte bord gekom.

Dan is alles met ‘n bier vergesel.  Dít moes jy alles binne 20 minute klaarmaak. Kry jy dit reg, is jou maaltyd verniet, maar indien nie, moet jy R250 daarvoor opdok.
Die beste poging van die dag was by verre Jurgens van Staden, wat minstens die burger kon baasraak; die tjips en uieringe was egter sy ondergang. Vir sy noemenswaardige poging het hy nou wel nie sy burger verniet gekry nie, maar darem het hy met ‘n geskenkbewys weggestap.

LEES OOK: So lyk André se inskrywingsfoto’s vir die Boerboel Bene Kompetisie

“As ek 10 minute ekstra gehad het, sou ek hom pak slae gegee het!” sê Van Staden.  Nog ‘n deelnemer, Willie van Eck, sê dit was die vinnigste 20 minute ooit.

Leon Booyens sê hy het binne die eerste vyf minute besef hy sou dit nooit kon klaarmaak nie, terwyl sy vriend, Werner Terblanche, sê hy het dit al besef die oomblik toe die burger uit die kombuis uit kom.

Die kombuis was uiteindelik die enigste wenner teen die 16 deelnemers.

Monique Seibold, die eienaar van Que’s Café, met die berugte burger.
Willie van Eck lek sy vingers af.
Die amperwenner van die dag, Jurgens van Staden.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button