Spoegwolf en kie sing botaniese tuin aan die brand
Hierdie geleenthede bied jou die perfekte kombinasie van piekniek op 'n Sondag en die gees wat met gewilde sangers se optredes gepaardgaan.

Die tweede in die reeks Picnic Sundays-konserte het dit laat voel asof byna die hele stad se mense in die botaniese tuin bymekaargekom het. Spoegwolf was die hooftrekpleister van die dag, maar die optredes voor dié groep het beslis nie afgesteek nie.
Stix, Brian Wilkinson en Coenie Naudé het op die plaaslike front verteenwoordig. Rooksein het die gehoor in gereedheid gekry vir die manne van Spoegwolf.
LEES OOK: Boom van 132 jaar afgekap
Die middag het rustig met komberse en piekniekmandjies begin, maar groot was jou fout as jy gedink het jou kombers en mandjie sou dit ongedeerd onder die spul Spoegwolf-aanhangers maak.
Die skare was só meegevoer dat die afskorting tussen hulle en die verhoog op genade alleen regop gebly het. Alles was egter in goeie gees en al die groepe het die organiseerder, Belinda Erasmus, vir haar harde werk om die geleentheid moontlik te maak, bedank.













Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
