Local newsNewsNews

Ver van jou geliefdes? Dié liedjie is net vir jou

Die musiekvideo vir Simoné Roets se nuutste liedjie is nou beskikbaar. Kyk hier daarna:

‘n Plaaslike vrou is opgewonde om terug in haar geboorteland te wees en is tans besig om haar eerste Afrikaanse album, wat binnekort beskikbaar sal wees, te finaliseer.

Simoné Roets se nuutste liedjie, “Om elke hoek en draai”, lê haar baie na aan die hart omdat sy en haar ma dit saam geskryf het. Dit gaan oor families of geliefdes wat ver van mekaar af bly, en daardie oomblikke van verlange wanneer ‘n mens nie fisies bymekaar kan wees nie.

“Verhoudings oor ‘n afstand is soms bittersoet. Aan die een kant is daar die avontuur en groei wat gebeur wanneer jy ver is van alles wat vir jou bekend is. Dít, saam met die kort kuiers wat baie spesiaal is juis omdat jy weet julle het min tyd saam.

LEES OOK: Boerboel Bene-finaliste word bekendgemaak, gaan stem nou

“Aan die ander kant is die bitter – om die groot en klein oomblikke van mekaar te mis en ook om te groet ná elke kuier,” sê die sanger en liedjieskrywer oor die inspirasie agter haar nuutste enkelsnit.

Simoné Roets. > Foto: Foxline Productions

Hierdie hartroerende kontemporêre lied is deur Jattie de Beer van Artistry Productions vervaardig en sal jou, net soos Roets se vorige vrystellings, hoendervleis gee elke keer wanneer jy daarna luister.

Volgens die musikant, wat onlangs na Suid-Afrika teruggekeer het ná ‘n lang tyd oorsee, sal dié snit by ‘n wye gehoor aanklank vind. “Ons storie is ook baie ander mense se stories, so ek glo luisteraars sal hulself met die liedjie kan vereenselwig.”

LEES OOK: Rottweilers val vroue, honde in Liebenbergstraat aan

‘n Treffende musiekvideo van die snit is ook pas vrygestel. Adi van der Walt het die video, wat bestaan uit ‘n emosiebelaaide kombinasie van persoonlike selfoonvideo’s en tonele wat in die ateljee vasgevang is, vervaardig.  “Die video vertel ons storie en wys iets van my verhouding met my gesin oor die laaste vyf jaar: die duisende Facetime-oproepe, stemnotas, en die kort kuiers saam. Ek wou dit ‘n bietjie meer persoonlik maak, sodat mense iets van myself as mens en kunstenaar kan sien,” verduidelik Roets.

Kyk na die video hier: https://youtu.be/ZHyd7chH7gM.

Roets het in Mbombela grootgeword en het eers op universiteit haar passie vir musiek ontdek. Sedertdien het sy ‘n kortspeelplaat en verskeie ander Engelse liedjies uitgereik en was sy ook betrokke by die Hillsong City Campus in Brisbane, Australië, waar sy vir lank gewoon het.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button