Local newsNewsNews

Komatipoort se Wildehonde presteer by stoeikampioenskappe

Die Komatipoort Stoeiklub, die Wildehonde, het Saterdag 7 Mei aan die MSV Pumatjies- en Ligakampioenskappe se tweede ronde in Middelburg by Kees Taljart Sportpark deelgeneem.

Die stoeiers het medaljes en knopies vir hulle prestasies ontvang. Die seuns het aan die begin van die seisoen elkeen ‘n skild ontvang wat hulle na elke Pumatjiekompetisie moet saamneem. Hierop kom die knopie wat daardie dag aan hulle toegeken word.

LEES OOK: Kiepersol pad word herstel nadat druk toegepas word

Die jong seuns het goed voorberei vir die liga, deur baie grepe en fiksheid tydens die oefensessies met afrigters Basjan Kok en Barry de Beer te voltooi. Saterdag se resultate het vir seker bewys dat harde werk beloon word.

Die Wildehonde het as ‘n span ook in die kreatiewe kreetkompetisie tweede gekom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button