Local newsNewsNews

Kiepersol pad word herstel nadat druk toegepas word

Die Mpumalanga Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer het ná druk van die VF Plus en inwoners met herstelwerk aan die D514 in Kiepersol begin.

Die VF Plus het weke gelede ‘n griefskrif namens inwoners aan die LUR van dié departement, Mohita Latchminarain, oorhandig. Latchminarain het die versekering gegee dat die herstel van die D514 geprioritiseer sal word.

Volgens die VF Plus-raadslid, Ken Robertson, is daar onlangs op net  13 km van dié pad 2 200 slaggate getel – gemiddeld elke 6 m ‘n slaggat. “Indien plaaslike boere intussen nie sake in eie hande geneem het nie, sou die stuk pad onrybaar en lewensverlies onvermydelik gewees het,” het Robertson gesê.

Alhoewel die VF Plus die spoedige optrede van die departement verwelkom, voeg Robertson by dat dit ‘n skande is dat daar eers tot drastiese stappe oorgegaan moes word om ‘n departement te dwing om sy mandaat om padinfrastruktuur in stand te hou, uit te voer.

LEES OOK: Poësie en musiek in jou Laeveld-huis

Die VF Plus het aan die inwoners belowe om die herstelwerk aan die D514 te monitor om te verseker dat dit ordentlik gedoen word en nie bloot “tydelike laslappiewerk” is nie.

“Die VF plus, Kiepersol-boere en padgebruikers is dankbaar vir die herstelwerk wat aan die gang is, maar ons kan net hoop die department hou by hulle ooreenkoms om die pad tot volle te herstel,” het Robertson gesê.

LEES OOK: Gewilde sangers tree op by die Watervalsrivier Sitrus Kuierfees

Volgens Robertson het die departement genoeg toerusting beskikbaar gestel om 3 000 vierkante meter te dek. Tot vandag toe is meer as 2 000 vierkante meter geteer. “Ons hou dop soos die gate gegrawe word en die kontrakteurs kom en gaan, maar ons sien uit na die volle herstel van die Kiepersol-pad. Die mense wat die pad daagliks gebruik, het al lank vir dié gewag, en ons is positief dat die departement baie sal bereik,” sê Robertson.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button