Nelspruit Eisteddfod-inskrywings sluit binnekort
Jy het nog een dag oor om vir die Nelspruit Eisteddfod in te skryf.
Vanjaar se Nelspruit Eisteddfod-inskrywings sluit op 20 Mei om middernag.
Teken aan op die webtuiste by www.nelspruiteisteddfod.co.za en volg die stappe om te registreer en in te skryf. Daar word ook verskeie werkswinkels aangebied.
Die inligting is reeds op die Nelspruit Eisteddfod-webblad en daar volg nog meer oor ander werkswinkels binne die volgende week.
LEES OOK: Kiepersol pad word herstel nadat druk toegepas word
Die program vir die eisteddfod lyk soos volg:
• Afrikaans voordrag en drama van 1 tot 6 Augustus
• Dans van 8 tot 13 Augustus
• English speech and drama van 15 tot 20 Augustus
• Musiek, instrumentaal, van 22 tot 27 Augustus
• Musiek, stem, van 29 Augustus tot 1 September
• Kore op 2 September.
Die inhandiging vir kunswerke vir die visuele kunste en fotografie-afdeling vind van 19 tot 22 Julie plaas. Die kunswerke word weer op 31 Augustus afgehaal.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
