Local newsNewsNews

Slagoffers van Sheppardrylaan-hondeaanval oorweeg regstappe teen eienaar

Die vrou wat deur die rottweilers aangeval is sê die gemeenskap se veiligheid moet in ag geneem word wanneer daar oor dié honde se toekoms besluit word.

Nadat hulle en hul honde op 24 April deur drie rottweilers aangeval is, oorweeg ‘n vrou en haar ma nou verdere regstappe.

Laevelder het twee weke gelede berig dat Chris-Elize Blom en haar ma, Retha Burger, wat gereeld in hul woonbuurt in en om Sheppardrylaan stap, dié dag egter met een minder hond huis toe moes gaan.

Hulle het hul vier klein hondjies teen die rottweilers probeer beskerm en moes in die proses een aan die dood afstaan, en het self ook beserings opgedoen – Blom aan haar linker- en haar ma aan haar regterhand.  Die gemeenskap se reaksie op die aanvanklike storie was uiteenlopend. Sommige mense reken die eienaars moet vir hul honde se aksies aanspreeklik gehou word, terwyl ander reken die rottweilers behoort uitgesit te word.

LEES OOK: Rottweilers val vroue, honde in Liebenbergstraat aan

Die Nelspruit SAPD se woordvoerder, kapt. Zandile Gqawa, sê daar is ‘n saak van aanranding geopen, maar nog geen arrestasies is gemaak nie.
Blom sê hulle het na ‘n prokureur toe gegaan om verdere stappe teen die honde-eienaar te bespreek.

In reaksie op die publiek se verskillende opinies rakende die honde, het Blom die volgende gesê: “Ons is baie lief vir diere en weet dat ‘n dier deur sy eienaar geleer word. Hulle is gefrustreerd omdat hulle in ‘n klein erfie opgesluit is met geen aandag en liefde nie. Al wat ek weet is dat hulle ‘n gevaar is en uit die dorp verwyder moet word ter wille van almal se veiligheid. As hy dit nie wil doen nie, dan is genadedood die enigste opsie wat oorbly. Ons moet aan die gemeenskap se veiligheid dink; die honde gaan nie ophou nie en gaan nie anders geleer word nie, daarvoor is hulle al te oud.

ALSO READ: Serial murderer sentenced to fourth life imprisonment term plus 80 years for killing elderly women

“Kom ons sien wat die mense met kennis te sê het en hoe die eienaar optree.

“Ons weet net iets moet gedoen word. Ons wil nie hê enigiemand moet so iets deurmaak nie. My ma sukkel geestelik baie om alles te verwerk en roep nog vir Sandy (die hondjie wat dood is) wanneer sy met Geronimo (een van die ander honde) wil gaan ry, dan besef sy Sandy is oorlede.”

Sy sê haar hand is besig om gesond te word, maar sy kry steekpyne wat na haar vingers en skouers beweeg. Haar ma se steke is ‘n week na die voorval uitgehaal.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button