Local newsNewsNews

Voëls van verskillende vere pronk by i’langa Mall vir sierduifskou

Die Suid-Afrikaanse Sierduifvereniging se oostelike streek het die afgelope Saterdag meer as 500 duiwe by dié mall op skou gehad.

Vir diegene wat nie duiwekenners is nie, was i’langa Mall se onderdakparkeerarea Saterdag ‘n buitengewone bederf.

Die Oostelike Streek van die Suid-Afrikaanse Sierduifvereniging het met 506 duiwe van 43 verskillende rasse hier geskou. Ses beoordelaars het die een duif na die ander noukeurig ondersoek om uiteindelik ‘n wenner vir elke ras te benoem.

Die wenduif onder die Hollandse kroppers en dié se eienaar, Jan Labuschagne.

Die sekretaris van die Oostelike Streek, Jan Labuschagne, verduidelik dat elke duif ‘n punt uit 100 ontvang. Elke ras het egter verskillende elemente waarna daar gekyk word.

LEES OOK: Kiepersol pad word herstel nadat druk toegepas word

Labuschagne sê hierdie skou vind elke tweede Saterdag in Mei plaas. Daar was in totaal 21 vertoners wat hul duiwe geskou het.  Die Suid-Afrikaanse kampioenskappe sal vanjaar in Junie in Malmesbury plaasvind.

Die wenduif onder die King-ras.

Top sewe wenners (rasse en hul eienaars):

• Skoukampioen: Mookee – Philip Lee
• Reserwekampioen en beste jongduif: Satinette – Shaun Smeda
• Tweede reserwe: Non – Hans Bezuidenhout
• Derde reserwe: Brunner kropper – Christo Dippenaar
• Vierde reserwe: Barb – Dirk Scholtz
• Vyfde reserwe: Hollandse kropper – Jan Labuschagne
• Sesde reserwe: Chinese uil – Andries Cilliers.

Die wenduif onder die Jakobyne.

Top juniorwenners:

• Skoukampioen: Mookee – Karel Jan Smeda
• Reserwekampioen: Portugese tuimelaar – Liam Werth.

Die streek het i’langa Mall bedank wat die venue gratis aan hulle beskikbaar gestel het, asook Rooikat Liquors wat die kratte verskaf het waarop die hokke geplaas is, en Alzu Voere, wat die kos gegee het. Die prysgeld is deur Hans Bezuidenhout en Dirk Scholtz geborg.

Die wenduif onder die Sillician swallows.
Die wenduif onder die Kartelrûe.
Shaun Smeda en Christo Munnik.
Die wenduif onder die Hollandse kroppers.
Ava, Leon en Rowan Hoyer.
Die wenduif onder die Norwich kroppers.
Dalene van den Heever.
Hugo Grobler, Larochelle Cilliers en Babie en Ernst Grobler.
Die wenduif onder die Amerikaanse skouposduiwe.
Kleinseun en oupa, Liam Werth en Wim van Rensburg.
Die wenduif onder die Jakobyne.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button