Local newsNewsNews

Mbombela skoolkore sing in perfekte harmonie

Drie plaaslike skoolkore het na die Sing in Harmonie se finale ronde later vanjaar in Pretoria deurgedring.

Die Sing in Harmonie-span is tans besig om regoor die land skoolkore te beoordeel om die beste van die beste te kry.

Groot was die opgewondenheid onder beide leerders én ouers toe die produksiespan op 12 Mei by Curro Nelspruit aanland. Laerskool Nelspruit se junior- en seniorkore sowel as Lowveld High se koor het hier hul stemme dik gemaak.

Lowveld High se koor.

Die beoordelaars, Lizl Gaffley, Karina Erasmus en Phillip Kotze, was so beïndruk met dié kore dat al drie na die finale van dié koorkompetisie in September in Pretoria, deurgedring het.

LEES OOK: Voëls van verskillende vere pronk by i’langa Mall vir sierduifskou

Die aanbieder van die program, Anthonie Bougas, het opgemerk dat Laerskool Nelspruit se ouers veral getroue ondersteuners is na aanleiding van die hoeveelheid van hulle wat verlede jaar hul kinders ondersteun het. Hy sê dié skool se juniorkoor is vir seker een van die grootstes, indien nie die grootste nie, in die kompetisie, met ‘n verstommende 110 lede.

Laerskool Nelspruit se seniorkoor.

Beide dirigente, Isabel Veenhuyzen (vir Laerskool Nelspruit) en Bongani Mavundla (vir Lowveld High), is geloof vir die ongelooflike werk wat hulle met hul kore gedoen het.

Ouers neem foto’s en video’s van hul kinders in Laerskool Nelspruit se juniorkoor.
Laerskool Nelspruit se juniorkoor.
Lowveld High se koor.
Laerskool Nelspruit se seniorkoor.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button