Local newsNewsNews

Laerskool Numbi groet staatmaker ná 29 jaar diens

Laerskool Numbi groet Cindy du Toit, wat haar tydperk as finansiële beampte by die skool ná 29 jaar eindig.

Vir byna drie dekades het Cindy du Toit deur dik en dun die pad saam met Laerskool Numbi gestap en het op menige mense ‘n indruk gelaat.

“Wanneer ‘n mens met finansies werk, kan jy nie almal vertrou nie, maar tannie Cindy was betroubaar, deursigtig en baie streng. Niks het ongemerk verby haar geglip nie,” het die skoolhoof, André Coetzee, gesê.

“Dankie vir die rol wat jy in almal se lewens gespeel het. Jy het ‘n verskil gemaak en lewens verander, en ons weet jy gaan dit steeds met elke reis tydens aftrede doen.”

LEES OOK: Dinge van ‘n kind in die Laeveld verskuif grense

Du Toit het in 1993 by Laerskool Numbi begin werk en deur die jare met verandering en aanpassing saam met die skool gevorm. Volgens haar het sy vinnig op Hazyview tuis gevoel en by die mense wat sy op dié klein dorpie ontmoet het, wat diep spore in haar hart getrap het.

“Ná jare se liefde vir my werk en mense, sal ek my lewe by Laerskool Numbi mis. Nou is dit ‘n nuwe blad en ‘n groter missie lê vir my voor – om my aftrede te geniet,” sê Du Toit.

LEES OOK: Mbombela-fotograaf raap toekenning op

Die ouers en Du Toit se kollegas het hul dankbaarheid aan haar getoon. “Aangesien baie verskillende persoonlikhede en karakters by die finansiële span op die skool se beheerliggaam aangesluit het, het jy altyd ‘n manier gevind om seker te maak die verhouding werk, ongeag hul verwagtinge. Jou plek sal ‘n gat hier in hierdie instelling laat, jou skoene sal baie moeilik wees om te vul, en ons sal met ‘n groot verlies gelaat word,” het die voorsitter van die liggaam, dr. Edmond Mathebula, gesê.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Back to top button