Local newsNewsNews

Numbi hou Survivor-kamp

Laerskool Numbi se leerders het op 13 en 14 Mei 'n Survivor-kamp by Sunlight Falls in die Sappi-plantasie langs die Graskop-pad bygewoon.

Die doel van die Survivor-kamp was om die kinders wat gekies is om Numbi by die provinsiale kamp tydens die Junievakansie by Blyderivier Adventures te verteenwoordig, op te lei.

Sowat 350 gr. 6- en 7-leerders van Mpumalanga gaan die geleentheid gebied word om vir provinsiale kleure gekies te word. Hulle sal dan die provinsie by die nasionale kamp in Desember in die Wes-Kaap verteenwoordig.

LEES OOK: Dinge van ‘n kind in die Laeveld verskuif grense

Die kandidate wat gekies is om Numbi te verteenwoordig, is Vunene Sono, Sthembile Malope, Ndzalama Zwane, Alexaria Mogane, Christiaan Lategan, Nea Ferreira, Mia Louw, Alexis Ireland, Vadon Jansen, Kayla Scholtz, Genevieve Bubb en Nokuhle Shilenge.

Renier Louwrens, ‘n oud-Landsdiener van Secunda wat verlede jaar aan Survivor SA deelgeneem het, was ook saam by Sunlight Falls en het die kandidate wenke gegee en gedemonstreer hoe om in die bos te oorleef.

“Ons sien uit na die uitdaging wat vir ons leerders voorlê. Ons vertrou hulle sal uithou deur die moeilike en elke oomblik geniet,” het Nokka Ferreira van Laerskool Numbi gesê.

Christiaan Lategan, Vadon Jansen, Magiel Bronkhorst en (agter) Daniël Ferreira.
Renier Louwrens, Nea Ferreira en Magiel Bronkhorst.
Genevieve Bubb.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button