Local newsNewsNews

LowMed Hazyview Rugbyklub klop Rooikatte

LowMed Hazyview Rugbyklub het op Saterdag 14 Mei die Rooikatte se tweede span met 21-5 by Rooikatpark geklop.

Ondersteuners van albei spanne het met kampstoele en verversings gereedgestaan om ‘n middag van aksierugby op Lydenburg te geniet.

Waidon Maritz het die eerste drie teen die tuisspan gedruk en het seker gemaak elke skop pale toe het punte aangeteken. Giardt Greyling en Buhle Nkosi het nog twee drieë gedruk voordat die eindfluit die span van ‘n wen verseker het.

Marius Slabbert gereed om die bal in lynstaan te ontvang.

LEES OOK: Laerskool Numbi groet staatmaker ná 29 jaar diens

Die agterspeler van die dag was Louis Mulder, wat elke gaping tot sy voordeel ten volle gebruik het. Reymond Dwinger was die voorspeler van die dag.

Manie van Wyk, die klubafrigter, het gesê die wedstryde moet altyd as kliphard geag word. “Ons moet altyd gereed wees vir die moeilikste uitdaging elke keer as ons op die veld uitdraf, en dit is hoe ons die sport geniet. Die spanne haal die beste uit mekaar uit en het altyd wedersydse respek vir mekaar,” het hy gesê.

Bennie van der Linde van die Rooikatte reik uit na die bal. Foto’s: Jenise Colsbey

LowMed Hazyview se volgende wedstryd is op 4 Junie teen Matsulu in Hazyview.

Buhle Nkosi.
Waidon Maritz lyn die bal op.
Louis Mulder probeer die Rooikatspeler plattrek.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button