Innibos In jou huis skenk kontantbydrae aan KANSA
Hierdie onlangste in 'n reeks vertonings skenk oudergewoonte aan 'n welsynsorganisasie van die gashere se keuse.
Innibos se In jou huis-musiekteater het gesorg dat KANSA op 19 Mei ‘n finansiële skenking ontvang. Die gashere vir die eerste in dié reeks van optredes, Marlene en Johan Pretorius, het dié organisasie genomineer as begunstigde om die geldskenking te ontvang, aangesien KANSA vir Marlene baie na aan die hart lê.
Daar is nie ‘n toegangsfooi vir die optredes nie, maar diegene wat dit bywoon, word gevra om ‘n skenking van enige bedrag te maak. Daar is in totaal R3 350 ingesamel wat die lede van Innibos en Marlene aan KANSA oorhandig het.
LEES OOK: Nostalgie na vervloë dae se algemene handelaars in Lydenburg
Die volgende optredes waarna die Laeveld kan uitsien, is Bibi Slippers en Jak de Priester op 1 Junie by Sarita Retief, en daarna Koos Kombuis en Andries Bezuidenhout op 5 Oktober by Anton Bosch.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
