AdvertorialBusinessNews

Wildevy 2022

Morsige modder, 80 4×4-spanne en 60 kosstalletjies by Wildevye vanjaar.

Die groep manne wat jaarliks die Wildevy 4×4 Gesinsdag reël, sien met reg uit na vanjaar se fees op Saterdag 30 Julie. Dit vind by PLM Boerderye in die Watervalsrivier, sowat 10 km buite Burgersfort plaas.

Willem Montgomery, een van die feesorganiseerders, het gesê daar is 80 voertuie wat gaan deelneem en die organiseerders verwag tussen 3 000 en 5 000 besoekers. Die bekende J-Team het 10 voertuie ingeskryf.

Boonop is daar 60 stalletjies met handgemaakte items en vars produkte, waar feesgangers iets te ete en drinke kan koop.

“Ons is baie opgewonde oor die groot hoeveelheid plaaslike sakeondernemings wat hul produkte en dienste kom uitstal. Ons motorhandelaars gaan nuwe modelle kom ten toon stel. Al die groot name is daar, soos Ford, Nissan, Toyota en Hyundai.

 

“Die manne van ManiSa het twee voertuie geborg om die manne wat in die modder vassit, uit te sleep. Moenie Arno Jordaan se optrede Saterdagaand vergeet nie,” het hy gesê.

Die fees is vir oud en jonk met ’n groot verskeidenheid stalletjies en baie pret op die agenda.

“Ons sien uit na die spanne wat meen hulle kan 4×4’s soos kampioene ry,” het hy gesê. Uitstallers en borge moet onthou dis ’n gesinsdag, so almal is welkom. Soos almal weet, kan die Wildevy-4×4 ’n morsige modderdag word, maar groot pret is dit gewis, en dis voorwaar iets om na uit te sien.

Montgomery bedank voortydig sommige van die groot borge wat die dag moontlik maak. Daar sal nie koelbokse toegelaat word nie, aangesien alles wat nodig is op die terrein aangeskaf kan word. Die hekke open om 07:00 tot laat. Die immergewilde en bekende Afrikaanse sanger, Arno Jordaan, se vertoning sal die dag op ’n hoë noot afsluit. Sy vertoning begin om 19:30.

Die toegang vir die hele dag plus Arno Jordaan se vertoning, is R60 per volwassene en R30 per kaartjie vir kinders onder 12 jaar. Vir verdere navrae, skakel Willem Montgomery vir meer inligting by 083 302 5769, of besoek die webtuiste.

Wildevy 4×4 Bergfietsren

Die bekende rugbyspeler, Bakkies Botha, gaan vanjaar saam kom fietsry. Hierdie bergfietsroete is een van die gewildstes in die omgewing en fietsryentoesiaste kom jaarliks van heinde en ver om dit by te woon.

Die roete is baie uitdagend, maar daar is genoeg waterpunte om die fietsryers se dors die hele pad te les. Die inskrywingsfooie is R50 vir die 2,5 km,

R80 vir die 10 km, R150 vir die 30 km en R230 vir die 70 km. Die eerste 400 inskrywings ontvang gelukspakkies met waterbottels, maskers en ander items van die borge. Daar is groot prysgeld en opwindende pryse op die spel. Die 70 km begin om 08:00 en die ander begintye sal deur die loop van die oggend bevestig word.

Die fondsinsameling gaan hierdie jaar aangebied word om ’n ablusieblok te bou sodat daar van volgende jaar af ’n gratis kampterrein vir die fietsryers beskikbaar sal wees.

Vir meer inligting, volg die Facebook-groep, Wildevy MTB Club, stuur ’n e-pos na melany@electrodiesel.co.za of skakel haar by 073 157 1579.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button