News

Numbi stuur leerders na Nasionale Landsdienskamp

Vyf leerders van Laerskool Numbi is gekies om die Nasionale Landsdienskamp by te woon.

Laerskool Numbi is trots om vyf leerders te hê wat vir die Nasionale Landsdienskamp wat in Desember in die Wes-Kaap gehou gaan word, gekies te word.

Die plaaslike Landsdienertjies was in Junie by die provinsiale landsdienskamp op Blyde River Adventures naby Hoedspruit. By die kamp word die sterkste kinders gekies om aan die nasionale geleentheid deel te neem.

LEES OOK: Watervalsriviervallei skud sy vere reg vir Wildevy 2022

Die leerders wat gekies is, het provinsiale kleure vir landsdiens ontvang. Hulle is Nea Ferreira (gr. 7), Christiaan Lategan (gr. 7), Magiel Bronkhorst (gr. 7), Mia Louw (gr. 6) en Sthembile Malope (gr. 7).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button