4500 mense deur Wildevy se hekke in Watervalsrivier
Na maande van beplanning het 80 4x4-spanne, 60 stalletjies en sowat 4500 mense opgedaag om die Wildevy 2022 in alle erns aan te pak.
’n Paar waaghalse het na afloop van die Wildevy 4×4 Gesinsdag die toeskouers met die showstopper vermaak.
Dit was die moeilikste gat om aan te pak, en net die brawes onder die brawes is gekeur om daaraan deel te neem. Behalwe hierdie groot vermaak, en na afloop van die dag se rondloop tussen stalletjies en die ander 4×4-pret, kon net 10 voertuie hieraan deelneem.

“Dit was die hoogtepunt van die dag en baie gewild onder die deelnemers en toeskouers. Dis baie modder, stof en rook en jillende, gillende mense,” het Willem Montgomery, een van die Wildevy-organiseerders, gesê.
Die wenner van die showstopper was Gerald Luyt van Kranzle. Kranzle het ook die R13 000-drukwassers aan die wenners van die dag, Hendrik Espach en Eugene Matthews, geskenk. Die Wildevy het weer eens alle verwagtinge oortref en die Watervalsriviervallei op horings geneem.
Die organiseerders het almal vir hul bydraes, harde werk, kosstalletjies en vermaak om die 2022 Wildevy ’n sukses te maak, bedank. Die borge sal weer individueel bedank word.
Two readers won a prize at the Steelburger/Lydenburg News stall at the Wildevy. Congratulations to Dawie Venter and Zelna Wheeler. Steelburger/Lydenburg News is donating the raffle money back to the Wildevy 4×4 organisation. Left: Dawie Venter and Steelburger News’s Alicia Stols. Right: Zelna Wheeler, and Steelburger News’s Marlene Kleynhans.

Hier is ‘n gallery met meer foto’s:









































