Kleuters geniet veiligheidspraatjie
Konst. Noko Malatji het Vossie, een van die K9-honde, saamgebring om die kinders te wys hoe die diere opgelei word om die polisiemanne by te staan wanneer hulle skelms en boewe vang. Kapt.
BURGERSFORT – Op Donderdag 28 Julie het die Tubatse K9-eenheid besoek by Paardebloem Kleuter
Akademie afgelê.
Konst. Noko Malatji het Vossie, een van die K9-honde, saamgebring om die kinders te wys hoe die diere opgelei word om die polisiemanne by te staan wanneer hulle skelms en boewe vang. Kapt. Karel Beetge en Malatji het die kleingoed ook geleer hoe om veilig te wees.
Die volgende dag het Tubatse se verkeersbeamptes en brandweerspan diegeleentheid gehad om die skool te besoek.
Die kleuters het van die verkeerspan geleer waar hulle in ’n voertuig moet sit, wat hulle moet doen en ook wat om te verwag as hulle die sirenes van ’n verkeersmotor hoor.
Die brandweerspan het die kinders geleer en gewys wat ’n brandweerman en -vrou aantrek as hulle ’n vuur moet gaan blus.
Die kinders was veral gaande oor die werking van die brandslang.
Paardebloem Kleuter Akademie wil graag die volgende mense bedank wat die “instappie” moontlik gemaak het:
Johann en Patricia Beukes, Karel Beetge en Malatji van die Tubatse K9-eenheid, die verkeersbeamptes Kedibone Mampone en Boitumelo Seroka, asook die brand- en reddingspan se Timothy Moraba en Virginia Moeng.