News

Badfontein-gesin aangehou, voertuie en eiendom beroof

Die SAPD vra die publiek se hulp om die gesteelde voertuie te eien.

‘n Gesin is op Sondag 14 Augustus in hul huis vasgebind en beroof buite Lydenburg.
Drie mans het om 14:00 die plaaseienaar, sy vrou en dogtertjie in hul motorhuis ingewag. Hulle is volgens bewering deur die verdagtes gevang en vasgebind, en daarna het die mans die huis begin deursoek.

Lees ook: Vrywilligers bemoedig by Step in Lydenburg

Die verdagtes het volgens berigte donker reënjasse aangehad. Een van hulle het ‘n 9 mm-pistool gehad en die ander ‘n jaggeweer.

Volgens ‘n provinsiale polisiewoord-voerder, brig. Selvy Mohlala, het die verdagtes ‘n stoof, vrieskas, motorfiets en ander huishoudelike items op die plaaseienaar se voertuie gelaai.
Die gesin is van die motorhuis na ‘n slaapkamer verskuif en daarin toegesluit. Die verdagtes het met ‘n wit Toyota Hilux 2.4D (JCK 862 MP), ‘n silwer Honda CRV (KHV 765 MP) en ‘n sleepwa (KHV 757 MP) gevlug.

Die gesin kon eers teen 20:00 hulself loskry en het gaan hulp soek. Hulle fone is gesteel, maar hulle het geen beserings opgedoen nie.
Mohlala het gesê die Laeveld-area word tans gemonitor om die voertuie op te spoor, en die publiek gevra om hulle naaste polisiestasie te skakel indien hulle enigiets daarvan gewaar.

Lees ook die aanlynpublikasie van Steelburger/Lydenburg Nuus: Steelburger News 18 August 2022

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button