News

Heerlike basaar by Lydenburg Doppers

Enige basaar bly 'n lekkerte en bederf.

Die Gereformeerde Kerk kon uiteindelik na twee jaar weer ’n basaar aanbied.
Op Saterdag 27 Augustus het elke kosstalletjie sy eie tema gehad, waarvan die Delft-pannekoekhoek gewis uitgestaan het. Boonop het die vleistafels gekreun en die biltong en droëwors was soos altyd groot trekpleisters.

Lees ook: Rustige Lydenburg-strate kry vrolike lewe

Die dames by die Delft-tema pannekoektafel was Christine Denner, Hester le Roux, Gwendo Bothma, Lizette Lombard, Martie Ackerman en Marie Helberg.
Rudi Hartzer, Esmerelda en Isabel Potgieter en Gerda Hartzer het die kerrie-en-rys beman.
Die droëwors en biltong was ’n groot trekpleister. Agter: James en Cornel Hamman, Alwyn Beetge, Connie du Plessis, en (voor) Jada Hamman
Leunis en Jo van Rooyen by die kwekerytjie en plantjies.
Soetgoed was ook op die spyskaart.

Een van die unieke stalletjies was ’n kwekery. “Ons bedank almal wat so hard gewerk het en ook diegene wat die dag hier was om saam met ons te
geniet,” het ds. Abel Steyn gesê. Die basaar is oudergewoonte
by die NG Moedergemeente aangebied. Steyn het dié meente ook vir die gebruik van hul fasiliteite bedank. Die verrigtinge het reeds die Vrydagaand met ’n braai-ete afgeskop..

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button