News

Universiteitskoor se klanke weergalm in Sudwala-grotte

Stellenbosch se universiteitskoor en hul dirigent, André van der Merwe, het onlangs deur die land getoer. Die Laeveld was een van hul bestemmings.

Die Stellenbosch Universiteitskoor het onlangs diegene buite die Wes-Kaap met ‘n paar optredes bederf.

Die Laevelders was gelukkig genoeg om dié koor in die Sudwala-grotte te kon aanskou. Die gehoor is getrakteer op beide internasionale en plaaslike treffers wat perfek met die atmosfeer van die grotte saamgesmelt het. Die koor se dirigent, André van der Merwe, het voor elke lied verduidelik waar dit vandaan kom en wat die simboliek daaragter is.

Die Stellenbosch Universiteitskoor in die Sudwala-grotte.

LEES OOK: Een persoon word 15 in Innibos-teaterstuk

Van der Merwe sê dit is ‘n voorreg om die koor se liedere met mense buite Stellenbosch te deel en het die gehoor bedank vir hul moeite om die aand te kom bywoon.

Net soos dit vir die koor ‘n voorreg was, was daar ook bewondering van die gehoor se kant. Dit het duidelik geblyk uit hul applous en waardering deur die optrede.

Elaine Basson en Catherine Savage.

LEES OOK: Wen lekker pryse by Innibos-kompetisies

Na afloop van hul Mbombela-optrede het die koor ook Sasolburg, Johannesburg en Soweto besoek.

Chanel Steyn en Monica White.
Die Universiteitskoor Stellenbosch se dirigent, André van der Merwe.
Eunice Combrink, Rita Riekert en Corrieta Pakendorf.
Maryke Ferreira en Wilanie Müller.
Rouxlene Merbold en Marné Botha.
Petro-Nel en Stefan Davey.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button