Local news

IN FOTO’S: Boeredag buite Mbombela ‘n lekker saamkuiersukses

Só lyk die planne vir 'n jaarlikse Boerseundag na afloop van 'n Boeredag buite Mbombela.

Boere van die omgewing het in Oktober vir ‘n spitbraai en ‘n lekker kuier op ‘n plaas buite Mbombela bymekaargekom.

Die dag was ‘n inisiatief van Rooikat Liquors, Rooibaard en Kwanyoni Lodge se kant af om boere vir hul ondersteuning te bedank.

Sowat sewe sakeondernemings het ook hul produkte kom uitstal.

Een van die organiseerders, Johan Breytenbach, sê hulle wil graag die boeredag ‘n gereelde instelling maak, maar die volgende een sal onder die naam “Boerseundag” aangebied word. Die plan is ook om dit oor twee dae aan te bied – tentatiewe datums is 13 en 14 Oktober, 2023.

Breytenbach sê hulle wil ‘n geleentheid skep waar jong seuns praktiese dinge kan leer waarmee hulle dalk nie elke dag te doen kry nie. Daarmee saam is dit dan ook iets wat pa en seun saam kan bywoon. Hy sê hulle gesels ook met Jo Black om volgende jaar deel van die geleentheid te wees.

LEES OOK: Malalane-seun raak harte met mooi gebaar

Sou jý belangstel om deel te van die Boerseundag te wees, hetsy as borg of in ‘n ander kapasiteit, skakel Alichia van Ee by 079 522 0973.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button