Local news

Bergvlam vier hoof se verjaardag

'n Skoolhoof se verjaardag is 'n bederf vir hom én sommer die skool ook. Só het Bergvlam hulle hoof gevier.

Verlede Vrydag het Bergvlam behoorlik partytjie gehou!

Die hoof, Deon Visser, het Saterdag 14 Januarie verjaar, en die hele skool het dit saam met hom gevier.

Nie net is hy met ‘n Audi R8 V10-rit bederf nie, hy het ook die voorreg gehad om self hierdie spoedgevaarte te bestuur.

Die dagbestuur het hom die oggend met smoothies uit die nuwe MacVlammie bederf terwyl die skool op die paviljoen bymekaargekom het.

Hier is natuurlik vir hom gesing, en Bianca Swift het “Sunshine” aan hom opgedra.

Die bestuurskomitee onder leiding van Christiaan Burger en Jaelyn de Vries het geskenke aan hom oorhandig, waarna hy in ‘n Mercedes weer na sy kantoor teruggeneem is. Hier het die adminspan hom met nog ‘n bederf ingewag. Sy hele kantoor was van bo tot onder met briefies, kaartjies en geskenke van die leerders besaai.

LEES OOK: Vlammies verwelkom nuwe personeel

‘n Ou tradisie is dat die skool vroeër op die hoof se verjaardag uitkom – en daar is dan ook so gemaak.

Die personeel het die hoof met ‘n heerlike middagete bederf, en die beheerliggaam se voorsitter, Lasea Swift, het ‘n besonderse boodskap oorgedra.

“Die Vlammies wens ons skoolhoof, mnr. Deon Visser, ‘n ongelooflik verjaardag toe.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button