News
Hoërskool Nelspruit hou interhuis
Die Nellies het sake by vandag se interhuis op die baan en veld uitgespook.
Hoërskool Nelspruit (NHS) het vandag, 19 Januarie, sy 2023-atletiekseisoen met sy jaarlikse interhuisbyeenkoms afgeskop.
Ten spyte van die hitte, sweef die spangees nog hoog. Die kompetisie lyk stewig en die adrenalien loop oor.
Die groen, rooi en geel frokkies van die Atheners, Trojane en Spartane is nie ‘n onbekende gesig op NHS se baan nie. Vanjaar ding hierdie spanne weer mee om die gesogte trofee te lig en met die spogregte weg te stap.
Van die aksie is hier op kamera gevang:


























At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
