Local newsNews

Drie van die 2022-matriekklas by Hoërskool Lydenburg spog met sewe onderskeidings elk

Die matriekleerders het 'n totaal van 150 onderskeidings behaal.

Michael van der Merwe, die skoolhoof van Hoërskool Lydenburg, het Vrydag 20 Januarie reggestaan om elke matriek geluk te wens.
“Ons is so trots op ons leerders wat alles ingesit het om op die beste manier moontlik hul skoolloopbaan af te sluit. Die slaagsyfer is 99,4% en die leerders het almal (100%) universiteitstoelating behaal.

Amelaine de Faria Manuel (gemiddeld 90,14%), Liané Hanekom (gemiddeld 89,86%) en Juané Boshoff (gemiddeld 86,86%) het elk sewe onderskeidings behaal.

Ses onderskeidings: Kayleigh Joubert en Conrad Breitenbach.
Vyf onderskeidings: Marizelle de Klerk, Bianca Cross, Imaan Arbee, Zanke Louw, Muhammed Hajee en Michelle Fourie.
Vier onderskeidings: Carike du Toit, Jessica Annandale en Blessing Phiri.
Drie onderskeidings: Algerecia Beukes, Junitta Louw, Amieke Strydom en Amaan Arbee.
Twee onderskeidings: Karlien Labuschagne en Matshepo Masha.

Lees ook: Sportgees spoel oor Hoërskool Lydenburg se velde

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button