News

Witrivier DBV bied opwipwinkels en stalletjies vir ‘n goeie doel

Die Witrivier DBV hou sy eerste van dié geleenthede vir die jaar met die hoop om broodnodige fondse in te samel.

As jy hou van ‘n winskopie, is die volgende geleentheid vir jou!

Die Witrivier DBV loods die naweek op 28 Januarie sy heel eerste opwipwinkel en sypaadjieverkope vir die jaar. ‘n Verskeidenheid boeke, eetgerei en breekware om van te kies en te keur, en nog vele meer, sal te koop wees.

Estelle de Villiers, die organiseerder van die geleentheid, sê dat benewens die produkte wat die DBV te koop gaan aanbied, daar ook ‘n heuningstalletjie gaan wees, sowel as ‘n stalletjie wat plante verkoop. “Ons hou omtrent vier soortgelyke geleenthede gedurende die jaar,” het sy gesê. Sy meen dat dit ook ‘n goeie geleentheid is vir ander ondernemings om blootstelling te kry.

Stalletjies kan teen R50 bespreek word.

Alle fondse wat ingevorder word, sal in die DBV teruggeploeg word deur hondekos, katkos en ander benodigdhede vir die diere aan te skaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button