News

Hoërskool Nelspruit hou kookwateratletiek in snikhete weer

NHS se interhuisatletiekbyeenkoms het gesorg vir 'n dosis gesonde kompetisie en belowende vertonings.

Op 19 Januarie het Hoërskool Nelspruit se Spartane, Atheners en Trojane mekaar by die skool se interhuisatletiekbyeenkoms ontmoet.

Die dag was geken aan versengende hitte, wat groot uitdagings aan die atlete, beamptes en toeskouers gestel het, maar ondanks die moeilike omstandighede, het almal op die paviljoene, baan en veld entoesiasties meegedoen en deelgeneem.

Die stryd om die gesogte spantrofeë was weer eens vanjaar naelbyt, met die veral die Spartane en Atheners wat mekaar behoorlik vasgevat het. Hulle het deur die dag binne trefafstand van ‘n wentotaal gebly.

LEES OOK: Barberton sportsman and family fall prey to multiple shootings

Die Spartane se seuns het uiteindelik daarin geslaag om ‘n skrale voorsprong te behou, en eindig die byeenkoms met 770 punte, 20 punte voor die Atheners, met die Trojane in die derde posisie met 622. Die Atheners se dogters het egter die wa deur die drif getrek, deur eerste te kom (777), gevolg deur die Spartane (596) en die Trojane (493). Hulle voorsprong was groot genoeg om die spantrofee (gesamentlik) vir 2023 aan die Atheners (1 527) te besorg. Die Spartane was waardige naaswenners met 1 366 punte, met die Trojane op 1 115 punte in die derde plek. Na ‘n uitputtende dag is die Spartane as wenners van die geesbeker aangekondig.

Vier individuele trofeë is vir beste junior- en seniorprestasies van die dag toegeken:

• Junior seuns: Menzi Shiba (100 m-hekkies, o .15: 14.17, 791 ASA-punte)
• Senior seuns: Divan de Kock (gewigstoot, o. 16: 16,45 m, 845)
• Junior dogters: Zoë Cilliers (100 m, o .15: 12.51, 845)
• Senior dogters: Ashley Erasmus (skyfwerp, o .19: 50,93 m, 1 000; gewigstoot: 16,33 m, 1000).

Die tog vir die gesogte victor en victrix ludorumtrofeë vir beste atleet in elke ouderdomsgroep het ‘n paar aangename verrassings opgelewer. Vanjaar se dogters- en seunswenners is:

• o. 14: Luan Burger, Lana Theron
• o. 15: Menzi Shiba, Zoë Cilliers
• o. 16: Vaughn van Zyl, Azelle du Preez
• o. 17: Callum van Staden, Zané du Toit
• o. 19: Ryno Meyer, Ashley Erasmus.

LEES OOK: Exhilarating Rally-Raider championship anticipated for 2023

Al is die nuwe seisoen nog net enkele weke aan die gang, is daar meer as genoeg statistieke beskikbaar om meer insig in Ashley se puik prestasies te gee. Verlede jaar is die wêreldjuniorkampioenskappe in Kolombië aangebied, en daar het Suid-Afrika se Miné de Klerk, wat tans in die VSA studeer, die goue medalje in gewigstoot (17,19 m) ingepalm. Slegs twee ander atlete kon daar verder as 16 m haal, wat beteken dat Ashley met die 16,33 m wat sy Donderdag gestoot het, sterk om die bronsmedalje sou meegeding het! Hierdie afstand sou Ashley verlede jaar derde in SA gemaak het – alle ouderdomsgroepe ingesluit.

Ashley Erasmus.

Vanjaar het nog net veteraanatleet, Ischke Senekal van die Oostelike Provinsie (17,44 m) verder as Ashley gestoot. En Miné het op háár eerste byeenkoms vir 2023 slegs 15,65 m aangeteken. In skyfwerp is Ashley met haar 50,93 m nou gesamentlik tweede in die land vir 2023, ná Senekal se 53,33 m. Riëtte Heyns van die Vrystaat het ook verlede week 50,93 m gegooi. Ashley word dan ook die eerste dogter in Mpumalanga en die Laeveld se atletiekgeskiedenis vir skole-atlete wat die 4 kg-gewig verder as 16 m kon stoot, en die werpskyf oor die 50 m-merk kon laat grondvat.

Benewens Ashley se prestasies moet gewis melding gemaak word van die talle atlete wat daarin kon slaag om te midde van die verlammende Laeveldson 800 ASA-punte of meer vir hulle prestasies te verdien. Baie geluk aan:

• Zané Nel (d. 15): gewigstoot: 12,6 m (867); skyfwerp: 34,95 m (850)
• Zoë Celliers (d. 15): 100 m: 12.51 (845); 90 m-hekkies: 14.40 (820)
• Lana Theron (d. 14): 100 m: 12.93 (802); 200 m: 26.66 (825)
• Sheba Sithole (d. 16): 3 000 m: 11:29.23 (800)
• Simoné Lourens (d. 15): 90 m-hekkies: 14.50 (812); 300 m-hekkies: 48.43 (807)
• Diané van der Walt (d. 14): gewigstoot: 10,73 m (804)
• Christine Venter (d. 17): gewigstoot: 11,55 m (800); skyfwerp: 35,42 m (827)
• Anja Venter (d. 19): skyfwerp: 35,78 m (804)
• Divan de Kock (s. 16): gewigstoot: 16,45 m (882); skyfwerp: 47,14 m (832)
• Menzi Shiba (s. 15): verspring: 6,28 m (808)
• Vian Louw (s. 15): gewigstoot: 14,23 m (803)
• Vaughn van Zyl (s. 16): gewigstoot: 14,6m (801).

Sheba Sithole.

Gegewe die uiters bedompige weer wat prestasies bemoeilik het, moet sekerlik ook van nog ‘n paar baie goeie vertonings (bo 750 ASA-punte) kennis geneem word.

• Lana Theron (d. 14): 300 m-hekkies: 49.59 (793)
• Angelica Graham (d. 19): 100 m: 12.74 (767)
• Zoë Cilliers (d. 15): 200 m: 27.09 (789); 400 m: 63.09 (781)
• Simoné Lourens (d. 15): 400 m: 64.16 (759)
• Vicky Jansen van Vuuren (d. 15): gewigstoot: 10,63 m (786)
• Anja Venter (d. 19): gewigstoot: 10,36 m (792)
• Shanré Ehlers (d. 16): skyfwerp: 30,82 m (752)
• Menzi Shiba (s. 15): 100 m-hekkies: 14.17 (791)
• Jordan Pretorius (s. 16): verspring: 6,43 m (790)
• Ryno Meyer (s.19): gewigstoot: 13,68 m (753)
• Vaughn van Zyl (s. 16): skyfwerp: 44,46 m (797)
• Ruben Lorist (s. 19): skyfwerp: 39,05m (758).

LEES OOK: Op soek na iets om te doen dié naweek?

As hierdie spogvertonings in oënskou geneem word, kan daar gewis reikhalsend na NHS se eerste jaarlikse tuisbyeenkoms op Saterdag uitgesien word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button