Local news

KYK: Vuiste reën by Hoërskool Nelspruit

Op 'n video wat soos veldbrand versprei, dam leerders by Hoërskool Nelspruit mekaar met vuiste by ná wat lyk soos 'n onderonsie wat onder sommige van hulle ontstaan het.

Daar doen tans ‘n video op sosiale media die ronde, waarop ‘n bondel leerders op 27 Januarie, by Hoërskool Nelspruit (NHS) in ‘n woordewisseling en daarna struweling betrokke raak.

Op hierdie video is dit sigbaar dat daar aanvanklik ‘n bekgeveg tussen twee van die leerders ontstaan het, vermoedelik tydens pouse, gevolg deur stampe en stote hier en daar. Buiten dit is dit sigbaar dat die bystanders ook daarna ‘n meningsverskil begin gehad het en vingers begin wys het.

Skielik trek een van die leerders los en stamp ‘n ander met sy kop. Dit is toe dat die vuiste links en regs begin reën.

Met ‘n rimpeleffek het die geveg deur die skare begin uitkring en het die bakleiery handuit geruk.

Johan Hattingh, NHS se skoolhoof, en die skool se beheerliggaam het in ‘n mediaverklaring aan Laevelder gesê dat die saak deur die skool ondersoek sal word en dat hulle ooreenkomstig met NHS se dissiplinêre kode sal optree.

* Die beeldmateriaal in hierdie weergawe is uitgedof om die identiteite van die betrokke leerders te beskerm. 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button