Local news

Reën keer nie Sabie Tube Race

Is jou pienk flamink reg? Die Sabie Rivier wag dié naweek vir jou.

Wat gaan so ‘n ou bietjie ekstra water nou saak maak as jy in élk geval by ‘n rivier afgaan?

Die hooforganiseerder van vanjaar se Sabie Tube Race, Walter Serfontein, sê hulle is gereed vir enige weerstoestande – reën ofte nie, hulle is reg vir jou!

Serfontein sê daar was al vorige jare reën en alles het steeds glad verloop; jy sal nie smelt nie.

Die tema vir vanjaar se Sabie Tube Race (op 3 en 4 Februarie) is neon.

As jy oorweeg om nié volgens die tema aan te trek nie, dink twee keer – die prys vir die beste uitrusting is kroegbewyse ter waarde van R1 500. Dié wenner(s) hiervan word Saterdag voor die vertonings aangekondig.

LEES OOK: Nelspruit Eisteddfod datums aangekondig

Daar is nog kaartjies beskikbaar vir beide Vrydag en Saterdag, maar kaartjies wat verblyf op die kampterrein insluit, is uitverkoop.

Verlede jaar het bekendes soos Francois van Coke en Spoegwolf hul verskyning gemaak, en vanjaar se kunstenaars is beslis iets om oor opgewonde te wees. Vrydag kan jy uitsien na DARE to Believe, DJ Scotty, DJ Nax, Early B, Van Pletzen, Jack Parrow en DJ Rademeyer. Saterdag is dit Lonita, Coenie Naudé, Mauritzka, DARE to Believe, Martin Bester, Die Heuwels Fantasties, Spoegwolf en weer DJ Rademeyer om die aand behoorlik af te sluit.

* Daar sal ook rubberstewels, droë hout, houtskool en ander braaiverwante items verkoop word.

Besoek sabietuberace.co.za vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button