Local newsNews

Die geure het getrou toe Lydenburg se sjefs hul kombuistalent wys

Professionele sjef van Lydenburg se nagereg wen Reef Caterers se nasionale sjefkampioenskappe.

‘n Basieliekruid-gegeurde panna cotta, bedek met roosmaryn, gesoute en gebakte aarbeie en ‘n soet basielkruidolie.
Dít was die wennagereg wat so reg in die beoordelaars se smaak geval het.
Twee Lydenburgers, Herman Jonker, ‘n professionele sjef, en sy assistent, Winni Mnisi, het sedert September aan die Reef Caterers se nasionale sjefkampioenskappe deelgeneem en het met die louere weggestap.

Jonker is die sjef by die Rusoord Tehuis vir Bejaardes en Mnisi is ‘n kombuisassistent. Jonker en Mnisi was deel van die top 10 wat op 21 Januarie in die finaal in Lyttleton, Pretoria, gekook het.

Die panna cotta-nagereg wat gewen het.

“Winni het soveel potensiaal in die kombuis en leer graag oor verskillende geregte en ander metodes. Sy was baie opgewonde om aan hierdie kompetisie deel te neem. Ek en sy was ‘n gedugte span. Ek hou daarvan om met eenvoudige bestanddele te kook en ‘n unieke geur daaraan te gee. Ek gebruik selfs die stam van die basielkruid of die blomkool. Iets buite die norm trek altyd aandag en laat mense terugdink aan die spyskaart,” het Jonker gesê.
Ná skool het Jonker aan die gesogte Meerendal Gasvryheidakademie studeer. Dit is deel van die bekende Meerendal Wynlandgoed in Durbanville, Kaapstad.

“Een van my dosente was David Higgs, bekend as een van die beoordelaars op My Kitchen Rules op M-Net. Hy het daarop aangedring dat sy studente leer dat eenvoudige bestanddele van die beste disse oplewer. Hy is ‘n groot inspirasie vir my,” het Jonker gesê.
Die hoofgereg wat die twee bedien het, was ‘n Koreaanse varkstertjiegereg met geroosterde amandels, ‘n Asiatiese koolslaai, gekruide aartappelvelle en vlamgeroosterde murgpampoentjies met parmesaankaas.

Die Koreaanse varkstert was die hoofgereg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button