Gesoek: Laeveld-maatskaplike werker met passie
Solidariteit wil erkenning gee aan maatskaplike werkers - ken jy een in die Laeveld wat erkenning verdien?
Solidariteit Helpende Hand, in samewerking met die Solidariteit Beroepsnetwerke, bied die #Hoopdraer-toekenning 2023 aan.
Die doel hiervan is om erkenning te gee aan maatskaplike werkers wat ’n passie vir hul werk het en ondanks moeilike omstandighede, die fakkel van hoop in hul gemeenskappe bly dra en aangee.
Die proses om ’n maatskaplike werker van jou keuse te nomineer werk so:
Klik op die volgende skakel: https://helpendehand.co.za/nominasie/
Vul jou en die maatskaplike werker wat jy nomineer se besonderhede in.
LEES OOK: Laerskool Nelspruit stel sy eerste Wild en Waterfees uit
Skryf ‘n motivering van nie meer nie as 150 woorde oor die rede hoekom jy graag die betrokke maatskaplike werker wil nomineer. Sluit iets in oor hoe hullle iemand se lewe aangeraak het, hul passie, werksetiek, toewyding en gesindheid.
Die genomineerde persoon kan die nominasie aanvaar, deur op ’n e-pos te antwoord vanaf hoopdraers@helpendehand.co.za wat die persoon gelukwens met die nominasie.
Nominasies sluit op 22 Februarie om middernag. Die wenner word in die week van 13 tot 16 Maart aangekondig.
