Dodo doen dit vir sy Witrivier-gehoor
Die naaswenner van Die Kontrak se tweede seisoen, Dodo Nyoka, het onlangs dié Witrivier-gehoor op hul voete gehad.

Dodo Nyoka het die afgelope naweek “Trots Afrikaans” gestand gedoen.
Dodo, die naaswenner van Die Kontrak seisoen 2, was Saterdagaand 25 Februarie by Die Windpomp, en het die gehoor se aandag deurentyd vasgevange gehou. Dán was hulle op hul voete, dán het hy hulle aan die sing – en dan was hy sommer op’n tafel tussen die mense. Daar was g’n keer aan die kunstenaar se energie nie.

Hy het ‘n lekker versameling van ou en nuwe treffers gesing en ook van sy eie liedjies; “Foto’s” was veral ‘n treffer.
LEES OOK: Tuindag vir Huis Betlehem goed ondersteun
Elaine Blignaut en Bertus de Bruyn, die organiseerders van die vertoning, het die eienaar van Die Windpomp, Lewies Dippenaar, vir die venue bedank, en ook die gehoor vir hul ondersteuning.
De Bruyn sê hy en Blignaut beplan in die nabye toekoms om nog kunstenaars Laeveld toe te bring.









