Local news
Mbombela-basaar ‘n lekker affêre vir oud en jonk
So 'n bietjie reën laat basaarkos sommer nog lekkerder smaak. NG Kerk Westergloed het onlangs in Mbombela basaar gehou.

Daar is min dinge so lekker soos egte basaarkerrie-en-rys of -pannekoek.
NG Westergloed het dit én meer Saterdag 25 Februarie in Koraalboomstraat aangebied.
LEES OOK: Dodo doen dit vir sy Witrivier-gehoor
Die verrigtinge het feestelik en glad verloop totdat die reën omstreeks 11:00 neer begin sak het. Dit het darem nie heeltemal die dag tot ‘n einde gebring nie, maar dit het beslis ‘n demper op die kinders se speelarea geplaas. Daar was heerlike tuisgebak en talle kosopsies beskikbaar.
Dan was daar ook groente en vrugte om die effekte van die kolwyntjieversierkompetisie teen te werk.







At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
