Local news

Dié Bok het behoorlik in Mbombela geblêr

'n Vertoning deur Bok van Blerk by Mustangs was 'n reusesukses en het die gehoor behoorlik op hul voete gehad.

Toe daar Saterdagaand, 4 Maart, meel op die dansvloer by Mustangs – The Dancing Place gegooi is, moes jy geweet het ‘n lekker opskop is aan die kom.

Bok van Blerk het die gehoor met sy saamdanstreffers soos ‘Koue voete en warm liefde’ en ‘Die land’ na die dansvloer gelok. Oud en jonk het lekker saam gedans en gesing tydens dié optrede.

Bejanka Swart van Mustangs het na afloop van die vertoning vertel dat die aand ‘n groot sukses was en dat meer as sowat 700 mense dit bygewoon het. “Ons het net goeie terugvoer van ons kliënte af gekry. Bok en sy span het ook gesê dat hulle die vertoning baie geniet het,” het Swart gesê.

Laevelders kan die volgende datums maar gerus op hulle almanakke neerpen vir nóg lewendige optredes deur Suid-Afrikaanse kunstenaars by hierdie gesellige venue: Gerhard Steyn op 25 Maart (uitgestel tot verdere kennisgewing) en Fatman op 22 April.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button