Local news

Laevelder-vroue hou verrykende oggendtee vir KANSA

Die motiveringspreker, Lynette Beer, was onlangs in die Laeveld vir 'n KANSA-fondsinsameling.

Vroue van regoor die Laeveld het onlangs by die Southern Sun Hotel bymekaargekom vir die Hope High Tea ten bate van KANSA.

Elke gasvrou se tafel was pragtig versier en daar was heerlike versnaperinge vir elkeen se spesiale gaste.

Die hoofaantrekkingskrag was egter die motiveringspreker, Lynette Beer.

Marlene Pretorius, een van KANSA se Global Heroes of Hope vir 2022, het voor Beer se spreekbeurt stelling voor die geselskap ingeneem en met hulle gedeel wat haar reis met kanker haar tot dusver geleer het.

Beer het weer gesels oor die verskillende persoonlikheidstipes en hoe ‘n mens jou plek in die wêreld moet vind en dit volstaan – daar is immers net een soos jy.

LEES OOK: Stewarts & Lloyds KANSA-fondsinsameling ‘n lekker familieaffêre

Sy het uitgebrei oor selfvertroue en hoe elkeen eintlik hul eie superpower het – hulle moet dit net vind.

Haar praatjie was ook vol humor wat die dames plek-plek lekker laat skater het. Opgesom was dit beslis ‘n voelgoed-oggend vir ‘n goeie doel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button