Manie Jackson tree by Lone Tree Shellhole op
Dié Afrikaanse sanger het gesorg vir 'n gesellige atmosfeer in Barberton, en dít alles vir 'n goeie doel!
Die Afrikaanse musikant, Manie Jackson, het voor ‘n geesdriftige gehoor by die Lone Tree Shellhole opgetree om fondse vir die Barberton Memorable Order of Tin Hats (MOTH) in te samel.
Clarence Hobbs, ‘n lid van die MOTHs, het gesê dat Saterdag se vertoning goed deur die publiek ondersteun is en dat ieder en elk hulself gate uit geniet het.

Hy het gesê die fondse wat ingesamel is, sal aan verskeie liefdadigheidsorganisasies geskenk word wat deur die Barberton MOTH ondersteun word. Dit sluit plaaslike ouetehuise in, en komberse sal ook vir die bejaardes gekoop word met die oog op die winter wat nader kom.
Hobbs sê die totale bedrag wat ingesamel is, moet nog bereken word.

> Foto: Glenda Hobbs
LEES OOK: Hoërskool Nelspruit-leerder slaan rol in kortfilm los
Jackson het ‘n fantastiese vertoning gelewer en het na die afloop aangebly om foto’s saam met sy aanhangers te neem, en ook iets te ete saam met die gaste te geniet.
“Ons is dankbaar vir almal wat die MOTHs kom ondersteun het, en ek reken dat Manie ook die optrede geniet het,” het Hobbs gesê.

