Local newsNews
Dekades van basaartradisie by Lydenburg se Hervormers
Gasvryheid het uitgestaan in die wintersonnetjie tydens die basaar.
‘n Basaar wat met ‘n boereontbyt afskop plaas almal in die regte stemming vir ‘n lekker saamkuieroggend.
Saterdag 3 Junie het die Hervormde Kerk in Lydenburg basaargangers met tonne gasvryheid verwelkom.
Vir die soettand was daar wafels, basaarpoeding en pannekoek.
Boonop was daar vars groente en ‘n verskeidenheid vrugtesoorte, aartappelspirale op ‘n stokkie, pap en kaiings, biltong en droëwors, asook ‘n gesigverfstalletjie vir die jongklomp. Die groot koeke, klein koekies en ander varsgebak op die koektafel is vinnig uitverkoop.
Die Hervormde Kerk Lydenburg se hoeksteenlegging was reeds in 1946. Die gasvryheid, gesellige samesyn en gemeentelede wat elke jaar hard werk om fondse in te samel, is reeds vir dekades sedertdien ‘n tradisie daar.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.