Plaasnostalgie inspireer nuwe enkelsnit vir Ohrigstad-sangeres
Kimmy Reiners sing al ’n geruime tyd professioneel en tree gereeld by feeste in die omgewing op.
“Bring my terug” is die titel van Reiners se nuwe enkelsnit.
In “Bring my terug”, sing sy met ’n nostalgiese ondertoon van haar liefde vir die plaas, die reuk van die grond en die geluid van ’n trekker.
Hul plaas naby Ohrigstad lê haar baie na aan die hart. Reiners het in Junie 2020 haar eerste 12 titelsnit CD, “My gebed vir jou”, vrygestel.
Lees ook: Kuns by Innibos gaan in die Liedjiebos saamsmelt
Monique Steyn is een van haar groot sanginspirasies en Steyn se lied, “Die boom”, is haar gunsteling om te vertolk.
Reiners droom al van kindsbeen af om voor mense te sing, maar haar droom het nie daar geëindig nie. Sy het ook saam met haar ouers in die kerk gesing. ’n Paar jaar gelede het sy gesê dat sy sang haar loopbaan wil maak.
“Ek glo daarin dat musiek mense gelukkig maak. As ’n mens daarna streef om ander gelukkig te maak, dan sal die wêreld ’n beter plek wees,” het Reiners gesê.
“Bring my terug” is op alle digitale musiekplatforms soos Spotify, Apple Music, Deezer, iTunes Store en Amazon Music beskikbaar. Om Reiners vir enige optrede te bespreek, skakel 063 978 0361.
