Local news

Warmfees bring warmte vir minderbevoorregtes in Mbombela

Enigiemand wat graag nog komberse aan die Warmfees-inisiatief wil skenk, kan die Round Table White River kontak.

Laevelders het die naweek op 17 Junie die Warmfees, wat deur die Round Table White River 64 in samewerking met die musieksensasie, Martin Bester, aangebied is, ondersteun.

Die doel van dié fees is om komberse ten bate van minderbevoorregtes in en om die stad in te samel. Mustangs – The Dancing Place was die ideale venue daarvoor.

Geen toegangsgeld is gevra nie; jy moes bloot met ‘n kombers as jou betaling opdaag en die aand geniet. As vermaak het Martin Bester, Danny Smoke en Brian Wilkinson die gehoor op hulle voete gehou.

LEES OOK: Word wyser oor die gezoem van die bye in Lydenburg

JL Coetzee van die Round Table sê hulle waardeer die gemeenskap se ondersteuning en ook diegene wat vir die musiek gekom het. Tot dusver het hulle sowat R50 000 se komberse en R20 000 kontant ingesamel.

“Ons weet dit gaan vanjaar moeilik wees om gedurende die winter warm te bly weens beurtkrag. Ons samel steeds komberse vir kinderhuise, Childline, ouetehuise en mense op die straat in.”

LEES OOK: Curro-rugby kraai koning by die Mpumalanga Mediumskole rugbyliga!

Soos die komberse inkom, sal dit aan die mense wat dit nodig het, oorhandig word. “Ons wag ook nog vir twee groot ondernemings om nog komberse te skenk. Enigiemand wat graag nog ‘n skenking wil maak, kan ‘n WhatsApp na 076 297 4382 stuur.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bongekile Khumalo

Bongekile is a junior journalist focusing on community news in Mpumalanga, with also a distinctive interest in impactful human interest stories. She began her career in 2019 and was recognised as an upcoming journalist in 2020.
Back to top button