Nellies se Hokkiebokkies fokus nou op Noordvaaltoernooi
Hoërskool Nelspruit se hokkiedogters speel die veld aan die brand! Hulle oefen alreeds vir Augustus se toernooi in Pretoria.

Op 16 en 17 Junie het die hokkiedogters van Hoërskool Nelspruit (NHS) aan die Mpumalanga-hokkieuitspele deelgeneem.
Die o. 14’s het met twee wedstryde gelykop geëindig, en die uitslag is bepaal met ’n strafdoelskietery van agt sekondes. Hulle verloor naelskraap teen Hoërskool Middelburg (MHS) en sal ná die skoolvakansie op 22 Julie vir ’n derde of vierde plek uitspeel. Die o. 15’s het teen Ermelo in hul uitspele verloor, sowel as teen MHS met dieselfde strafdoelskietery, en mis dus uit op ’n top drie -posisie.
LEES OOK: IN FOTO’s: Innibos Huisgenoot Afskopkonsert het duisende in vervoering
Die o. 16’s het plaaslik by Curro Nelspruit en Penryn gespeel. Die White Sticks het geen doele in die eerste wedstryd aangeteken nie, maar klop Hoogenhout met 2-1. Hulle het ongelukkig teen Middelburg in die kwartfinaal na ’n baie taai stryd vasgeval.
NHS se eerste span het baie goed in die uitspeelwedstryde gedoen, maar kon nie daarin slaag om die semifinaal teen Middelburg te wen nie. Hulle speel ook op 22 Julie vir ’n derde of vierde plek.
LEES OOK: KYK: In die stoel met Laevelder: Jimmy Stonehouse
Ongeag die uitslae wat by die provinsiale uitspele behaal word, dring die Nellies se o. 14-, o. 15-, o. 16- en eerste hokkiespanne deur om aan die Noordvaaltoernooi, wat vanaf 9 tot 12 Augustus in Pretoria plaasvind, te gaan deelneem.
