Longtom Hengelklub se lede van Lydenburg het op 17 Junie aan die Noordoos-Mpumalanga Werpkampioenskappe deelgeneem. Die kampioenskappe het by Hoërskool Die Anker plaasgevind.
Die werpkompetisie is ‘n hengelkompetisie op droë grond waar die hengelaars aan die kolgooi- en vergooiafdelings deelneem. Christo Labuschagne was die kolgooikampioen in die o. 19-afdeling.
Lees ook: Só word oupa onthou ná ongeluk in Mbombela
Saam met Labuschagne was Marco Siemens, Hanno Coetzee en Justin Taljaard die tweede beste span in die kol- en vergooi.
Labuschagne en Siemens is in die SA Hengel o. 19A-span ingesluit. Anton Edwards en Wiekus Labuschagne van Longtom Hengelklub het aan die seniorafdeling deelgeneem.
Die werp- en hengelafdelings vind in Desember tydens die SA Hengelkompetisie by die Bloemhofdam plaas. Vir meer inligting rakende die Longtom Hengelklub, skakel Anton Edwards by 072 485 0555 of Jaco Byneveld by 083 461 2934.



