Local newsNews

‘n Lewe sonder grense vir bekende Laevelder

Tyding van Grozelle Stoltz se dood laat huldeblyke instroom.

Grozelle Stoltz, bekend as Stolla, is op 29 Junie in die ouderdom van 42 oorlede.

Sy ontydige dood het skokgolwe deur die gemeenskap, sy familie, sy verloofde, René Steyn, en magdom vriende gestuur.

Stolla, ’n oudleerling van Hoërskool Rob Ferreira, was onder meer bekend vir sy jarel lange rol by West End SUPERSPAR en SPAR DC Lowveld.

Lees ook: Dit gaan beter met Jozua ná skietvoorval in Laeveld-bosbouplantasie


By enige byeenkoms, het sy werk, sosiaal of sport, het hy voluit gegaan,en om tyd saam met hom deur te bring, was vir enigeen ’n belegging. Hy het ’n lewe sonder grense geleef.

Sy glimlag was aansteeklik. Sy vriende familie is dit eens dat hy uitmuntende integriteit en waardes gehad het.

Lees ook: Lof vir ondersoekbeampte wat Mbombela-rowers tot in Pta vastrap

“Hy het nie vir ’n oomblik swakheid getoon nie, was altyd daar vir almal, en met sy glimlag en positiewe houding, het hy ons altyd tegemoetgekom,” sê sy skoolvriend, Hendrik Pretorius.

 

Hy was ’n inspirasie en voorbeeld van harde werk en deursettingsvermoë. Sal Wulle hom mis met sy glimlag en wysheid om mens aan te spoor,” vertel sy skoolvriendin, LizetteJanse van Rensburg.

Stolla word op 11 Julie om 11:00 vanuit die Hervormde Kerk Witrivier te ruste gelê.

Hy laat sy ma, Susan, kinders, Katelyn en Franco, sy broer, Waldo, ‘skoonsuster, Maryke, sy verloofde, René, en haar twee seuns, Ivahn en Lian, na.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button