Local newsNews

Stewige vier mure na jare in karavaan vir man van Lydenburg

Na nege jaar in 'n karavaan het 'n Soli Deo Gloria inwoner sy eie Wendy-huis.

Die 75-jarige Johan van Zyl het uiteindelik ’n nuwe blyplek by Soli Deo Gloria Sorgsentrum gekry.
Hy bly reeds vir nege jaar in ’n geroeste karavaan op die terrein, maar het geduldig gewag totdat sy nuwe woonplek gereed gemaak is.

Die besturende direkteur van Soli, Gerda Venter, het gesê Van Zyl het trane in sy oë gehad en kon nie glo dat die nuwe Wendy-huis nou aan hom behoort nie.

Johan van Zyl.

Die sleutels is op 5 Julie aan hom oorhandig en dis moontlik gemaak deur die borgskap van Swiss4Afrika, Randel van Heerden en Swissential Essential Financial Planning.

“Hierdie is ’n enorme opgradering vir hom en só ’n groot skenking. Baie dankie aan almal wat dit moontlik gemaak het. Aan God alle eer wat ons gebede verhoor,” het Venter gesê.

Soli is ’n behuisingsprojek vir minderbevoorregtes en daar bly sowat 120 mense voltyds, van wie 39 kinders is. Die inwoners ontvang drie etes per dag en daar word ook fisies en geestelik na hul behoeftes omgesien.

Soli is ’n organisasie sonder winsoogmerk en om kosskenkings of donasies te maak, skakel Venter by 072 402 6595.

Johan van Zyl by die geroeste karavaan waarin hy vir nege jaar gebly het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button