Lydenburg Wyngilde bepaal sy beste wyn vir versnitkompetisie
Vir meer as 30 jaar lank, neem die Lydenburg se Wyngilde aan die Blaauwklippenversnitkompetisie deel.
Die Blaauwklippenversnitkompetisie is ‘n jaarlikse uitdaging aan wynklubs wat hul lyf wil wynmaker hou en sowat 70 gildes skryf jaarliks in. ‘n Groepie van agt gildelede het onlangs bymekaargekom om die belangrike wynresep saam te stel.
Dr. Jakkie Swanepoel was soos altyd die afmeter en menger, Jan Neethling die skinker, Arie en Steph Roos, Fred en Antonette Wilson en Brian en Gerda Whitehorn die proeërs.
Die klub was al vier keer aangewys in die top vier landswyd en het in 2018 die versnitkompetisie gewen.
Lees ook: Koue windjie vuur atlete aan in Lydenburg
Die klubs wat inskryf, ontvang vroeg in Junie vier rou kultivarwyne van die Blaauwklippen-landgoed se jongste oesjaar.

Saam met die boks wyne word die agtergrond oor die vier kultivars verskaf en die instruksies vir die kompetisie. Al vier wyne moet gebruik word, maar byvoorbeeld nie meer as 60% van een wyn en 5% van ’n ander kultivar nie. Volgens voorskrif moet dit ook ’n ligte of ’n maklike drinkwyn wees.
Wyngildelede moes ‘n stylvolle rooiversnit meng met die potensiaal om nog 40 jaar te kan verouder.
Die landgoed meng elke ingestuurde formule nadat die gildes hul inskrywings instuur en kies dan hieruit ’n wenner en drie naaswenners.

Blaauwklippen het twee shiraz-wyne, die een gemaak van ‘n 100% druifbessie en die ander van 50% druiwe en 50% trosse, gestuur.
Die ander twee wyne was ’n merlot en ’n petit verdot, soos die shiraz, wat ook in 2022 geoes is. Almal het koppe bymekaar gesit oor die tannieninhoud en die langtermynvisie vir hierdie wyn.

