Local news

Bekende sakeman van Mbombela buite Hazyview doodgeskiet

Adriano dos Santos is vanoggend, 29 September, buite Hazyview in wat sommige bronne vermoed ’n sluipmoord is, doodgeskiet.

Die bekende sakeman van Mbombela, Adriano dos Santos (35), is vanoggend, 29 September, naby Hazyview doodgeskiet.

Dos Santos het enkele maande gelede Hoedspruit toe getrek.

Hy het glo vanoggend ’n vergadering met iemand in Hazyview gehad. In hierdie stadium is dit nie bekend waaroor die ontmoeting gehandel het nie. Dos Santos het enkele kilometers buite die dorp op die Hazyview/Witrivier-pad by ’n voertuig stilgehou.

LEES OOK: NG Kerk bied kreatiewe dag in Mbombela aan

Sy vriendin, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, en kinders was saam met hom in sy voertuig.

Hy het uitgeklim om met die mense in die ander voertuig te praat. Verskeie skote het kort daarna geklap, en hy is in die kop geskiet.

Die moordenaar het in sy voertuig gespring en weggejaag. Volgens bronne met insae in die moord, maar wat anoniem wil bly, bestaan daar ’n moontlikheid dat die aanslag op Dos Santos se lewe moontlik ’n sluipmoord kon wees.

LEES OOK: Kom skud blad met oudrecces in Kaapsehoop

Hy was tot enkele maande gelede saam met sy broer, Jaco, betrokke as mede-eienaars van die Shell-motorhawe in Ferreirastraat. Jaco se vrou, Lizani, het die moord bevestig.

Sy sê alles is nog deurmekaar, en hulle weet self nog nie presies wat gebeur het nie. Die geskokte kinders wat op die toneel was, is tans in haar sorg.

Adriano se eksvrou, Marelize, is tans op die moordtoneel en kon nog nie met Laevelder praat nie.

Albert Gryvenstein van Bossies Community Justice het bevestig dat hy gevra is om te help om die moord te ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Tumelo Waga Dibakwane

Tumelo Waga Dibakwane is a seasoned journalist, who started his career in 2012. He is actively involved in a variety of socio-economic stories that affect communities in the Lowveld at a grassroots level. He has have covered a myriad of stories, some of which have highlighted the plight of township and village life.
Back to top button