AdvertorialSponsored

Mighty Men in Augustus terug in die Laeveld

Die Mighty Men-konferensie is van 4 tot 6 Augustus by Klipspringer Lodge buite Mbombela. Jy kan nou al jou plek bespreek.

Die Mighty Men-konferensie is ‘n niedenominasionele beweging wat reeds 20 jaar gelede as ‘n visie van die evangelis, Angus Buchan, begin het.

Dit word jaarliks wêreldwyd in verskeie lande deur duisende manne bygewoon.

Buchan het op God se roepstem gereageer om manne te mentor en hulle in die godgegewe rol waarvoor hulle geskape is, te herstel; eerstens, in die familie-eenheid, dan in die kerk van die Here, en daarna in die samelewing. Die man moet leer hoe om ‘n ware persoon van integriteit, eerbaarheid en standvastigheid te wees te midde van die aanslag van die wêreld op manlikheid, leierskap en die verdraaiing van die rol van die man soos bepaal deur sy Skepper volgens die Bybel.

Dit alles, sê Buchan, begin in die ‘kombuis’!

Die man moet eers as koning, priester en profeet in sy eie huis herstel word. Gesonde families word dan gesonde gemeenskappe en gesonde gemeenskappe vorm weer goeie volhoubare samelewings en regerings. Die man moet verstaan dat hy ‘n driedubbele rol het, naamlik koning, om te voorsien aan sy familie se behoeftes, priester, om sy gesin in die weë en Woord van God te lei asook om vir hulle te bid, en dan profeet, om die wil, rigting en doel van sy gesin by God te kry en hulle daarin te lei.

Die vertakking van hierdie beweging in die Laeveld het reeds in 2008 by ‘n Mighty Men op die Shalom-plaas ‘n wekroep in die hart van Kobus Pretorius, die voorsitter van die komitee in die Laeveld, geword. Jare later in 2015 het Pretorius vir past. Johan Fullard van Lowveld Vineyard Church in Mbombela ontmoet en so ook vir Mark Storrier, wat op daardie stadium ‘n geestelike seun van Buchan was.
Onbekend aan Pretorius het Storrier reeds verskeie kere aan Fullard genoem dat hulle ‘n Mighty Men in die Laeveld moet aanbied. Omdat Pretorius reeds by mannebedieninge betrokke was, het Fullard hom onder sy geestelike mentorskap en leierskap gevra om saam met Storrier die konferensie te beplan.

In 2019 het die eerste Laeveld Mighty Men plaasgevind, en dit was ‘n fenomenale sukses. Sedertdien was daar ook in 2021 en 2022 baie geseënde en suksesvolle konferensies wat honderde manne se lewens verander het.

Ons is baie opgewonde oor vanjaar se konferensie, want vir die eerste keer het ons die voorreg om Angus Buchan self daar te hê met ‘n spesiale boodskap vir die manne van die Laeveld. Die konferensie is van 4 tot 6 Augustus en word by Klipspringer Lodge, 10 km op die Uitkyk-pad buite Mbombela, gehou. Ingang en kampering vir die naweek is gratis, maar besprekings is noodsaaklik. Daar kan aanlyn bespreek word deur die Mighty Men Conference Lowveld se Facebook-blad te besoek. Manne kan ook vir Pretorius by 082 084 8676 skakel.

Kontak hom ook sou jy dalk ‘n finansiële bydrae tot die koste van die konferensie wou maak.

Book online now by clicking the link below:
https://mmclowveld.wixsite.com/mmclowveld/event-details/mighty-men-conference-lowveld-2023-3?fbclid=IwAR38plr28fZVb9_LsjoTDE1FA34YLvsOCynRdxRzCLmM3p16Z0G6dOJZin8

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button