AdvertorialSponsored

’n Dertiende tjek is ’n bonus; nié ’n reg nie

’n Algemene vrae wat lede dikwels vra, handel oor bonusse.

Hierdie tyd van die jaar wil mense weet of hulle ’n reg op een het, en hoe dit gereguleer word.

Bonusuitbetalings, soos ’n 13de tjek en prestasiebonusse, bly ’n ingewikkelde onderwerp wat dikwels spanning tussen werkgewers en werknemers skep. Ondanks werknemers se verwagtings, spesifiseer arbeidswetgewing geen bonusvoordele nie.

Dit maak geen melding van bonusse of die afdwingbaarheid daarvan nie, en die keuse om ’n bonus te betaal of nie, berus dus by die werkgewer. Dienskontrakte en maatskappybeleide kan egter sekere voorwaardes vir bonusbetalings insluit wat as ’n raamwerk kan dien.

’n Kersbonus hang dikwels van die werkgewer se diskresie en finansiële vermoë af. Dié tipe bonus word beskou as ’n manier om waardering teenoor werknemers te toon.

Dit is dus nie ’n gewaarborgde betaling nie, tensy die dienskontrak of beleide anders bepaal.

Die betaling van prestasiebonusse word deur die werknemer se prestasie aan die maatskappy se standaarde gemeet. Indien ’n dienskontrak bepaal dat ’n werknemer ’n 13de tjek of enige ander bonus moet ontvang, is die werkgewer daartoe verplig om so ’n betaling te maak. Indien ’n kontrak egter nie enige melding van bonusse maak nie, kan werknemers nie daarop aandring nie.

Die dienskontrak is dus ’n belangrike faktor in die bepaling van werknemers se regte. Baie werkgewers stel ’n beleid op wat bepaal dat bonusse uitsluitlik in die maatskappy se diskresie lê. Só ’n beleid beklemtoon dat bonusse nie ’n reg is nie en dat daar geen waarborg van ’n bonusbetaling is nie.

Werknemers word dus aangemoedig om nie daarop staat te maak vir hul gewone begroting of uitgawes nie. Indien ’n werkgewer besluit om die bedrag van die bonus te verminder, die betaling daarvan uit te stel of dit oor twee betalings te versprei, moet dit op ’n regverdige en deursigtige manier gekommunikeer word.

In gevalle waar werkgewers jare lank bonusse uitbetaal en op dié manier ’n verwagting skep, alhoewel daar niks daaroor in ’n dienskontrak of maatskappybeleid staan nie, gee dit steeds nie die werknemer die reg om op ’n bonus aan te dring nie.

Dit gee hom/haar wel die reg om in die saak gehoor te word voordat ’n besluit geneem word. ’n Formele beleid kan misverstande voorkom en ’n duidelike begrip by werknemers skep. Bonusse is nie ’n reg nie, maar eerder ’n diskresionêre voordeel.

Solidariteit bied omvattende arbeidsregsadvies aan sy lede om hulle te ondersteun met arbeidsverwante kwessies en vrae.

Hierdie advies help lede om hul regte in die werkplek beter te verstaan en om hulself teen onregverdige behandeling te beskerm.

Sluit by Solidariteit aan op www.aanlyn. solidariteit.co.za/teken-aan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Supplied content

This content originated outside of Caxton Local Media, but we thought that you might find it interesting.
Back to top button