BusinessSponsored

Solidariteit is die versekeringspolis op jou werk

Wanneer jou werkgewer jou onbillik behandel, jou afdank of weier om jou voordele uit te betaal, wat is jou opsies? Jy kan die regskoste self dra, of jy kan ʼn vakbond hê wat namens jou veg. Hoe vergelyk ʼn mens dit?

Ons het die somme gaan doen sodat jy nie hoef nie – en hier is die waarheid: Sonder ʼn vakbond soos Solidariteit kan arbeidsregskoste ʼn relatief gesonde finansiële posisie in ʼn japtrap omkeer.

Wat kos regshulp uit jou eie sak?

Gerrit Visser, afdelingshoof van Algemene Litigasie by Solidariteit, gee ʼn rowwe beraming van verwagte regskostes vir die mees algemene sake wat werknemers gereeld in die gesig staar.

Konsultasies by prokureurs en regsadvies

Volgens Visser is die minimum uurlikse tarief vir ʼn junior prokureur ongeveer R1 350 per uur. “Groot firmas vra natuurlik meer, en daar is gewoonlik meer as een prokureur teenwoordig. Die meeste firmas vra ook dat jy geld op trust moet sit – enigiets van R1 500 tot R10 000 en soms selfs meer. Die pynlike werklikheid is dat die aanvanklike konsultasie of merietebepaling reeds daardie R10 000-deposito kan uitput. En indien jy nie oor die middele beskik om deurlopende kostes te dek nie, word die hele saak gestaak nog voordat dit begin het.” Dit beteken dat die gemiddelde persoon R10 000 of meer bestee bloot om te hoor dat hul saak óf sonder meriete is óf dat hulle, ten spyte van meriete, nie die bewyslewering kan bekostig nie.

Arbeidshofsake

“Selfs ʼn eenvoudige arbeidshofsaak vereis minstens 10 tot 20 uur se voorbereiding deur jou regspan, plus een tot twee dae in die hof,” verduidelik Visser. “Dit beteken dat, indien jy ʼn junior arbeidsregprokureur gebruik en dié prokureur hanteer self alle aspekte van jou saak (die goedkoopste opsie), jy minstens R43 200 sal betaal wanneer alle kostes bymekaargetel word. Die beraming geld egter slegs vir kleiner sake soos eenvoudige geskille oor uitstaande gelde.”

Vir meer ingewikkelde sake, soos afleggings, ernstige dissiplinêre verhore of sake wat na die arbeidshof, arbeidsappèlhof of Konstitusionele Hof toe gaan, kan kostes maklik honderde duisende rande beloop.

Beserings aan diens

ʼn Saak wat spruit uit ʼn besering aan diens vereis herhaalde konsultasies, baie administrasie en dikwels maande se opvolgkonsultasies. Selfs met laer uurlikse tariewe kan só ʼn saak vir die gemiddelde werknemer heeltemal onbekostigbaar raak.

Ander risiko’s

Visser waarsku dat werknemers wat in die staatsdiens werk dikwels gedwing word om dae, weke of selfs maande se kostes uit hul eie sak te betaal. “Privaat werkgewers is geneig om sake vinniger op te los, maar in die staatsdiens sloer verhore dikwels vir dae, weke of maande.

“As jy nie ʼn hoëinkomste-verdiener is nie, is die hartseer waarheid dat jy waarskynlik nie arbeidsregsadvies en -bystand sal kan bekostig nie,” sê Visser. “ʼn Gemiddelde verdiener se hele salaris, en waarskynlik spaarrekening, sal binne dae uitgeput wees. Juis daarom is die vakbond se hoofdoel om die impak van sulke finansiële skokke te versag en te voorkom. Vakbonde het histories ontstaan toe werkers hul geld en hulpbronne saamgevoeg het om gesamentlik vir werkveiligheid en -sekerheid te veg. Met ander woorde, hoewel ʼn individuele werknemer dalk nie alleen werkbeskerming kan bekostig nie, bied vakbondlidmaatskap kollektiewe beskerming en sekerheid aan almal.”

Wat kos dieselfde regsbystand met ʼn Solidariteit-lidmaatskap?

Slegs R204 per maand.

Daarvoor ontvang jy volledige arbeidsregsverteenwoordiging – ongeag die aard, kompleksiteit of duur van jou saak. Solank die saak meriete het, word volle bystand verseker. Géén ekstra fooie, géén uurlikse tariewe en géén trustdeposito’s is betrokke nie.

Daarbenewens ontsluit jou lidmaatskap ook talle ander voordele wat jou in jou beroep kan ondersteun, soos gratis voortgesette leer, opleidingsvoordele en eksklusiewe netwerkgeleenthede in jou beroepsveld.

Ál die ondersteuning wat jy nodig het – teen ʼn prys wat werklik vir jou werk!

Die eenvoudige vergelyking

Dalk is jy gelukkig en hoef jy net ʼn uur se konsultasiefooi te betaal sodat jou prokureur ʼn kort brief aan jou werkgewer kan skryf. Ongelukkig is die meeste sake nie so eenvoudig nie. ʼn KVBA-saak kan jou tot R20 000 per dag uit die sak jaag. ʼn Arbeidshofsaak kan enigiets vanaf R43 000 tot honderde duisende rande kos. Regskoste is onvoorspelbaar en kan jou finansieel verwoes.

Maar met Solidariteit is al die bogenoemde ingesluit by jou lidmaatskap. Deur bloot ʼn maandelikse lidmaatskapfooi te betaal, het jy een van die mees bekwame regspanne tot jou beskikking wat gereed staan vir die dag wat jy hulle nodig het!

Moenie ʼn kans waag nie – een arbeidsregsgeskil kan jou finansieel verpletter. Solidariteit is hier om jou werk én jou inkomste te beskerm. Sluit vandag nog aan.

Kontak ons Nelspruit-kantoor vandag.

Danny Schutte

Solidariteit-netwerkorganiseerder: Nelspruit

013 235 3698 / 013 235 1814

nelspruit@solidariteit.co.za / danny@solidariteit.co.za

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Supplied content

This content originated outside of Caxton Local Media, but we thought that you might find it interesting.
Back to top button