Hard newsNews

Geen genade vir jong motorfietsryers in die stad

Hy sal teen Vrydag 'n pen in sy bo-been kry en teen volgende week nog twee in sy kuit.

‘n Matrikulant van Hoërskool Bergvlam, Marius Nieuwenhuizen het sy been Woensdagmiddag ernstig beseer toe sy motorfiets deur ‘n blou Toyota Sedan op die hoek van Geelhoutlaan en Kremetartstraat getref is. Volgens Marius se pa, mnr. Johan Nieuwenhuizen, het hy op sy splinternuwe motorfiets gery toe die voertuig hom van voor getref het. “Die vrou moes vinnig gery het, want sy sou vir Marius kon sien as sy by die stopstraat stilgehou het.” Volgens Nieuwenhuizen en ooggetuies het sy kort na die ongeluk die toneel verlaat. Volgens Johan is Marius se beserings ernstiger as wat die dokters gedink het. Hy sal teen Vrydag ‘n pen in sy bo-been kry en teen volgende week nog twee in sy kuit. Sy gewrig is ook gebreek en hy word tans in Mediclinic Nelspruit behandel. ‘n Saak van roekelose of nalatige bestuur word teen die vrou ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button