Hard newsNews

Publiek is keelvol vir nuwe parkiebewoners

Daar is vroeëre jare ook oor dieselfde parkie berig toe 'n wit hawelose paartjie, wat as die Knolle bekend was, daar gewoon het

“Mense slaap daar in die aande en hang heeldag daar rond,” het ‘n bekommerde inwoner van Ehmkestraat vertel.

Hulle is keelvol vir die plakkers wat in die parkie tussen die spruit en The Village-winkelsentrum boer. Volgens inwoners is die situasie besig om handuit te ruk. Nelspruit Post het gaan ondersoek instel en is deur een van die sogenaamde entrepreneurs gedreig. Hy was besig om langs ‘n onwettige snoepwinkeltjie skoene reg te maak.

Daar naby is mans se hare gewas en gesny. Buiten die drie besighede wat bedryf word, was daar 12 mense wat in die parkie rondgesit het.

Volgens mnr. Joseph Ngala, Mbombela se woordvoerder, gaan hulle dadelik ondersoek instel.

Daar is vroeëre jare ook oor dieselfde parkie berig toe ‘n wit hawelose paartjie, wat as die Knolle bekend was, daar gewoon het. Die munisipaliteit het hulle menigmale weggejaag en uiteindelik traangas gebruik om hulle daar weg te kry. Inwoners hoop die munisiplaiteit kan dieselfde in hierdie

geval doen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button